ONSEKER

Met my eersteling het ek aan behoorlike ‘cabin fever’ gelei. Ek kon nie wag om net die huilende bondeltjie in iemand anders se arms te plaas, dat ek kan gaan stort of eet of ‘n draai gaan ry nie. (Doodeerlik -jammer liefie!) Maar dis hoe dit was. Met my eersteling het die eie-ek stukkie vir stukkie afgesterf. Die ou-ekke is stelselmatig vervang deur die nuwe mamma-ek. Ek, as mamma, is inderwaarheid saam met my seuntjie gebore – my geboorte was net meer van ‘n uitgerekte pynlike proses…

Ek het daarna gesmag om my stetoskoop weer om my nek te hang. Ek wou weer voel hoe dit is om aan ander “meer belangrike” dinge as drink-slaap-doek skedules te dink. Ek wou weer ondersoek, redeneer, gevolgtrekkings maak…diagnoses maak. Ek wou my blou handskoene aantrek, bloedtrek, drips opsit, my pen optel en notas maak…
Dit was tóé.

Met die 2de een is dit anders. Of ék is anders, ek weet nie. Dalk besef ek nou hoe tydelik alles is, hoe vinnig die uurglas regtig leegloop. In ‘n oogwink is die (eens huilende) bondeltjie groot – hy hardloop skielik reguit na sy karretjies-mat en hou homself besig met sy Duplo en ‘digger loader’ en ‘cherry picker’…
Dalk besef ek rêrig nou dat dié kleine lyfie nooit weer perfek op my bors gaan pas en rustig aan die slaap raak nie.
Dalk is dit omdat jongste so ontsettend siek was en gedagtes van die einde ‘n nare realiteit was. Maak nie saak wat die redes is nie – dis heelwaarskynlik ‘n mengelmoes van almal…

Ek kyk af na boetiebaba wat rustig in my arms slaap – so tevrede in ‘n melkbeswyming. Sy klein baba-handjie is steeds om my wysvinger gekrul – veilig, naby, ék is sy sekuriteit. Netnou gaan sy ronde kraal-ogies weer oop en al soekende met my wil gesels. Daai kosbare sagte baba-geluidjies…
Wakkertyd is hy maar ‘n regte klein ‘moaner’ soos hy kerm-kerm in my arms bons. Ons noem hom glad al “Fiksie & Smiley”! Want ek glo mos aan LEWE-SPREEK en die krag van die tong. So “Fatties & Moanies” gaan nie werk nie. 🤣

Dié keer is ek onseker…
Oor teruggaan werk toe, oor daai stetoskoop waarna ek só gesmag het 2jaar gelede, oor diagnoses maak en vergaderings en oproepe en en en…
Oor mamma-van-twee-wees, oor vrou-wees, die oggendroetine, die “school run”, die huishouding, die admin, inkopies, kosmaak, wasgoed, skoonmaak…

Hoe ‘juggle’ ‘n mamma alles?
Hoe laat val jy nie een van dié balle nie?
Ek het eenkeer gelees dat mens soms maar ‘n bal of 2 gaan laat val – soms perongeluk, soms aspris. Maar solank jy nie 1 van die glasballe laat val nie, gaan alles ‘okay’ wees.

My God en my man en my kinders (en my pasiënte) is my prioriteite. Dít is my glasballe.

Mammas, hoe lyk julle glasballe?
Hoe ‘juggle’ julle alles? Voel dit soms te veel? Voel julle ook by tye onseker?

Vrede &Vreugde ♡
.
.
“If you decide for God, living a life of God-worship, it follows that you don’t fuss about what’s on the table at mealtimes or whether the clothes in your closet are in fashion. There is far more to your life than the food you put in your stomach, more to your outer appearance than the clothes you hang on your body. Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.”

Matthew 6:25‭-‬26 MSG

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s